Mbumba beklemtoon kern rol van jeug, burgerlike samewelewing in New York

President Nangolo Mbumba is in New York en het die Beraad van die Toekoms se afsluitingsessie toegespreek. Hy het melding gemaak van die uiters belangrike rol van die jeug sowel as burgerlike samelewing vir innovering en goeie regering. Hy sê die groepe se bydraes is instrumenteel in die vorming van beide die debatte en nuwe verbintenisse wat in die verdrag vir die toekoms uiteengesit is. Hy sê die tipe kollektiewe pogings deur regerings en landsburgers bevestig weer die diepgaande relevansie van die Verenigde Nasies in die globale gemeenskap.