Mboma is gereed vir Maart ’24

Plaaslike berigte lui dat Christine Mboma gereed is terug te kom op die baan na ‘n jaar van gedwonge hormoon-behandelings. Haar afrigter Henk Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die beplanning is vir Maart volgende jaar omdat Mboma vir die Spele wil kwalifiseer.