Mbeki vra ondersoek na hoofman Albert Luthuli se dood
Oud-president Thabo Mbeki is ten gunste van ‘n ondersoek na die dood van die Nobelprys-wenner hoofman Albert Luthuli, 57-jaar gelede. Luthuli was die leier van die ANC van 1952 tot sy dood in 1967, toe hy deur ‘n trein getref is terwyl hy oor ‘n noodbrug oor die Umvoti-rivier in KwaDukuza, KwaZulu-Natal, gestap het. Mbeki het gepraat op ‘n kransleggingsplegtigheid op die perseel en gesê dis belangrik om agter die waarheid te kom oor Luthuli se dood.