Mbeki se kritiek op Cyril bevraagteken

Die politieke ontleder in die buurland, Susan Booysen, sê voormalige president, Thabo Mbeki, se onlangse optrede skep die indruk hy wil hê die gety moet teen die huidige President van ANC, Cyril Ramaphosa, draai. Mbeki se brief aan die huidige adjunk-president van die party, Paul Mashatile, waarin hy die party se besluit bevraagteken om Ramaphosa te beskerm, wek kommer. Booysen glo Mbeki het die motivering om die ANC te help, maar sy optrede laat vrae ontstaan en speel in die hande van opposisiepartye. Sy wys ook daarop dat Mbeki self daarvoor bekend is dat hy die massas van die ANC vervreem het.