Mbappé geskok oor ondersoek na verkragting

Die Franse sokkerkaptein, Kylian Mbappé, is “uit die veld geslaan” toe hy sien sy naam word verbind met ʼn verkragtingondersoek in Swede. Sweedse owerhede het bevestig ʼn senior aanklaer ondersoek ʼn verslag oor vermoedelike verkragting in Stockholm sonder om ʼn naam met die saak te verbind. Sweedse media berig egter Mbappé word met die beweerde voorval by ʼn hotel in Stockholm se middestad verbind. Die sokker-ster se prokureur veroordeel die mediaberigte en sê hulle berei ʼn eis voor vir naamskending.