Mbappé bekom aandeel in sokkerspan
Die maatskappy van die Franse ster, Kylian Mbappé, het die meerderheidsaandeel in ‘n plaaslike tweede liga-klub in Caen aangeskaf. Die 25-jarige voorspeler het na berig word 295 miljoen Namibiese dollar van sy eie geld in die transaksie belê deur middel van die maatskappy se beleggingsvleuel. Dit is dieselfde wat Mbappé per seisoen by Real Madrid sal verdien, waar hy onlangs aangesluit het van Paris Saint-Germain. Die voorsitter van die toesighoudende raad, Pierre-Antoine Capton, bly ‘n minderheidsaandeelhouer. Die klub is in 2019 uit die eerste liga gerelegeer en het verlede seisoen sesde geëindig.