Mbalula in die sop by ActionSA oor Lily-myn

ActionSA is uiters ontsteld oor die opmerkings oor die Lily-myn by ʼn toeligting aan die pers by die Mbombela-stadion deur die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula. Mbalula het argeloos en onverskillig geantwoord op ʼn joernalis se vraag oor ʼn taakspan wat hy aangestel het. In sy reaksie het hy die regbank verkwalik wat die proses laat ontspoor het om die Lily-myn by Louisville naby Barberton te heropen sodat werk by die myn kan hervat. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Thoko Mashinae, sê in Februarie 2016 het drie werkers, Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi, voortydig daar omgekom.