Maxar bewys aanval op Russiese lugbasis in Krim
‘n Langafstand Oekraïnse aanval op die Russies-beheerde Belbek-lugbasis in die Krim het hierdie week drie Russiese oorlogsvliegtuie en ‘n brandstoffasiliteit naby die hoofaanloopbaan vernietig. Die Amerikaanse satellietmaatskappy Maxar sê satellietbeelde wys dat twee MiG-31-vegvliegtuie en ‘n Su-27-vegvliegtuig vernietig is. Oekraïne het nie in die openbaar verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op die lugbasis nie. Rusland het intussen gesê hy was suksesvol om ‘n aanval deur 10 langafstandmissiele vanaf die Oekraïne af te weer.