Max is gereed vir die naweek
Die heersende Formule Een kampioen, Max Verstappen, sê hy is nie oorgerus oor sy vooruitsig om die naweek sy tuis-wedren, die Nederlandse Grand Prix, te wen nie. Die Red Bull-renjaer met 78 punte is voor Lando Norris van McLaren in die Bestuurderskampioenskap. Sedert sy terugkeer in 2021, het Verstappen elke Nederlandse Grand Prix gewen. Die 26-jarige jaer wat Sondag by Zandvoort aan sy 200ste Grand Prix deelneem, sê dit was tot dusver ʼn ongelooflike ervaring: