Matroos, woef, na 2 maande geredJuly 17, 2023

’n Australiese matroos en sy hond is gered nadat hulle twee maande in die Stille Oseaan gedryf het. Hulle het oorleef deur reënwater te drink en aan rou vis te peusel. Tim Shaddock, 51, en sy hond Bella het in April in ‘n katamaran van Mexiko se kusstad La Paz vertrek en beplan om sowat 6 000 kilometer te vaar voordat hulle in tropiese Frans-Polinesië anker sou gooi. Maar hulle het hulself gou in die uitgestrekte Stille Oseaan gestrand gevind nadat rowwe toestande die vaartuig beskadig en sy elektronika uitgeslaan het. In ‘n onwaarskynlike redding wat aan die Tom Hanks-rolprent Cast Away herinner, is Shaddock twee maande later deur ‘n Mexikaanse tuna-treiler bygestaan. Albei, baas en woef, is in ‘n redelike goeie toestand, alhoewel effe maer, gevind.