Matriek-uitslae: Ouers se volgehoue ondersteuning uiters belangrik

Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame in Suid-Afrika doen ‘n beroep op matrikulante om met iemand te praat as hulle enige selfdoodgedagtes het terwyl hulle op hulle matriekuitslae wag. Die hoofsekretaris, Matakanye Matakanye, het sy kommer uitgespreek oor die verhoogde gevaar van selfdood weens angs, vrees en stres wat met die bekendmaking van die uitslae gepaard gaan. Matakanye het die belangrikheid van ouers se ondersteuning aan hulle kinders in die stresvolle tyd benadruk.