Matriek-eksamen in SA ‘nie onder verdenking’

Die buurland se Raad vir Gehalteversekering in Onderwys, Umalusi, het bevestig die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van 2023 is nie onder verdenking nie. In sy jongste verslag oor Umalusi se pogings om die standaard van die matriekeksamen te handhaaf, sê die hoofbestuurder van die raad, Mafu Rakometsi, 945 leerders is verlede jaar betrek by ongerymdhede. Hy sê die 763 gevalle wat KwaZulu-Natal aangemeld het en die 164 gevalle wat in Mpumalanga aangeteken is, beklemtoon die voortdurende uitdaging wat bestaan om kullery tydens eksamens te voorkom.