Matriek 2023: Nam weet 12 Januarie, SA, 18de

Terwyl Namibiese matriek-uitslae op 12 Januarie bekend sal wees sê die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement sy matriekuitslae vir 2023 gaan op 18 Januarie bekend gemaak word. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê data-insameling van nasiensentrums landwyd word tans gedoen. Mhlanga het ook planne bevestig vir ‘n vergadering met die onderwys-kwaliteitsversekeringsliggaam, Umalusi, om akkuraatheid in die nasienproses en die notering van resultate te verseker. Hy sê die departement werk met groot ywer om akkurate en foutvrye resultate vir die Klas van 2023 te verskaf.