Matriek 2023: Moedertale vaar uiters swak

Die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewonevlak en Gevorderdevlak eksamenuitslae wys daar was ‘n effense verbetering vir eerste-taal vakke in A-simbole, B-simbole en C-simbole, maar daar was ‘n toename aan leerders wat D-simbole gekry het vir hulle moedertale. Die minister, Anna Nghipondoka het ook ouers berispe omdat hulle Engels met hulle kinders tuis praat. ‘n Parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu, het haar kommer op sosiale media daaroor uitgespreek. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit is belangrik vir ouers om Namibiese tale en kultuur oor te dra aan die volgende geslag.