Matriek 2023: 48,8% slaag op gewone vlak

Die uitslae vir gewonevlak leerders het effe verbeter en 29% van die leerders kwalifiseer vir tersiêre instellings teenoor 20% in 2022. Verder het 25,2 persent van gewonevlak leerders gekwalifiseer vir AS-vlak, teenoor 21% in 2022. Die algehele slaagsyfer vir gewonevlak leerders, met ‘n minimum van 20 punte vertoon nie baie goed nie met net 48,8 persent wat deur is. Die minister, Anna Nghipondoka het die syfers bekend gemaak.

Maar daar is ‘n reuse-sukses storie ondanks omstandighede. Die Rukonga Vision-skool, die enigste in die land, en die skool wat voorsiening maak vir die armste van arm leerders het die top-20 gewone vlak leerders gemaak. Die regering subsidieer die leerders 100 persent eenvoudig omdat hulle ouers brandarm is. Die skool het nege leerders tot die top-20 bygedra, die hoogste van al die skole wat deel gevorm het van die groep. Nghipondoka het die aankondiging gemaak. 

Maar dis nie al nie. Rukonga Vision-skool het eerste plek behaal vir die gevorderde vlak uitslae uit al die regeringskole in die land.