Matige groei in kredietverlening
In April het kredietverlening in die private sektor ‘n matige groei van 1,6 persent op ‘n jaargrondslag getoon. Dit is ‘n effense verbetering op die 1,3 persent wat in Maart aangeteken is, maar ‘n beduidende afname vanaf die 2,5 persent jaar-tot-jaar groei in April verlede jaar. Volgens Simonis Storm het huishoudelike krediet bestendig gebly op 2,2 persent jaar-tot-jaar vergeleke met Maart. Dit was egter af van 5 persent op ‘n jaargrondslag in April verlede jaar.