Maties stel kommissie aan om ondersoek in te stel

Die Universiteit Stellenbosch het bevestig hy sal ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek stig om ras- en geslagsongelykhede te hanteer. Die universiteit se rektor en visekanselier, Wim de Villiers, sê ‘n gerespekteerde regter sal die ondersoek lei. Hy het die voorval van ‘n wit student wat op ‘n swart student se skryfbehoeftes geürineer het, as skandelik bestempel. Studente het gister op die kampus betoog en eis dat die vermeende oortreder, Theuns du Toit, uitgeskop word.