Maties se Wilgenhof sal sluit

Die raad van die Universiteit Stellenbosch het besluit om die omstrede Wilgenhof-manskoshuis in sy huidige vorm te sluit. ‘n Interne verslag wat in opdrag van die instelling opgestel en deur die rektoraat aanvaar is het aanbeveel die koshuis moet gesluit word weens bewerings van rassisme en mishandeling met die ontgroening vir eerstejaars. Die universiteit sê Wilgenhof sal vervang word met ‘n moderne manskoshuis wat aan die minimum norme en standaarde voldoen vir studentebehuising by openbare universiteite. Dit sal in 2026 oopgestel word.