Matie-moordsaak hervat Maandag

‘n Jong man wat aangekla word van die moord op die Universiteit Stellenbosch-student, Jesse Mitchell, sal tot Maandag in aanhouding bly. Die 19-jarige Rudolf Hufke het vlugtig in die Stellenbosse landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof. Mitchell is tydens ‘n rooftog op sy 19de verjaardag met ‘n skerp voorwerp gesteek. Drie bykomende verdagtes is in hegtenis geneem. Die saak is uitgestel weens tegniese probleme.