Matera van Argentinië kry rooikaart-skorsing

Rugby: Die Argentynse flank, Pablo Matera, is vir twee weke lank geskors vir ‘n rooikaart wat hy verlede maand in die laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika in Mbombela ontvang het. Hy is in afgestuur in die 56ste minuut omdat hy by ‘n skrum ingestorm het. Die Springbokke het 48-7 gewen. Die skorsing beteken Matera sal Argentinië se toets op nege November teen Italië in Udine misloop. Hy sal egter beskikbaar wees vir die wedstryd teen Ierland in Dublin en teen die Franse in Parys.