Massaskietvoorval in Baltimore die VSA se 338ste vanjaarJuly 3, 2023

Die polisie in Baltimore het ‘n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat twee mense by ‘n blokpartytjie in die Brooklyn Homes-gebied in Suid-Baltimore doodgeskiet het. Die slagoffers was 18- en twee-jaar oud. Agt-en-twintig mense is beseer en drie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Daar was teen Sondag 338 massa-skietvoorvalle vanjaar in Amerika. Baltimore se burgemeester, Brandon Scott, sê hierdie tragedie beklemtoon die gevolge van die oorvloed onwettige wapens en die noodsaaklikheid om dit aan te spreek: