Massaskietery was geteikende voorval

Die polisie in Birmingham, Alabama, en die federale speurdiens het ‘n soektog van stapel gestuur na die verdagtes wat vier mense doodgeskiet en 18 gewond het. Amptenare sê verskeie mense het na die Five Points South-gebied gery, uit hul voertuie geklim, verskeie skote afgevuur en weggejaag. Die polisie vermoed die aanvallers het ‘n spesifieke persoon geteiken en dat die ander in die kruisvuur raakgeskiet is. Birmingham se burgemeester, Randall Woodfin, sê vuurwapengeweld in die stad het epidemiese afmetings aangeneem: