Massaskietery in Philadelphia, vier dood

Die polisie in Philadelphia ondersoek die voorval waarin agt mense in die Kingsessing-buurt in die suidwestelike deel van die stad geskiet is. Vier mense is dood en met twee minderjariges onder die gewondes. Die skietery het in 56ste Straat en Chesterlaan plaasgevind. Volgens berigte is ‘n verdagte, wat ‘n koeëlvaste baadjie gedra en ‘n geweer en handwapen in sy besit gehad het, in hegtenis geneem. Dit volg ‘n dag na nog ‘n voorval waarin twee mense doodgeskiet en 28 beseer is by ‘n blokpartytjie in Baltimore, Maryland. Meer as 300 massaskietvoorvalle het al vanjaar in Amerika voorgekom.