Massagrafte in oostelike DRK ontdek

Massagrafte met 49 liggame is in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontdek. Vredesmagte van die Verenigde Nasies glo die moorde is deur ʼn etniese burgermaggroep gepleeg. Die liggame, insluitende dié van 12 vroue en ses kinders, is in die Ituri-provinsie begrawe. Daar word berig minstens 195 burgerlikes is sedert die begin Desember dood en 84 ontvoer in aanvalle deur burgermaggroepe, wat die getal ontworteldes in die provinsie op meer as 1,5 miljoen te staan bring.