Massagrafte in Gaza noodsaak armbande met name, name op arms geskryf

Met soveel liggame begrawe Palestyne in Gaza ongeïdentifiseerde oorskot in massagrafte, met ‘n nommer in plaas van ‘n naam. Nou gebruik sommige gesinne armbande met name op in die hoop dat hul geliefdes hulle sal vind sou hulle doodgaan. Ander families skryf weer name op die arms van hulle kinders om te verhoed dat hulle in die grafte beland. Massabegrafnisse is deur plaaslike Moslem-geestelikes goedgekeur. Medici neem voor die begrafnis foto’s en bloedmonsters van die oorledenes en ken dan nommers toe.