Massa-uittog langs Florida se kus voor Orkaan Milton land

Honderde duisende mense in Florida, Amerika, maak gereed om hulle huise te ontruim voor die aankoms van Orkaan Milton. Staatsamptenare waarsku dit gaan moeiliker word om ʼn veilige plek te bereik namate mense uitstel. Orkaan Milton het oornag tot ʼn Kategorie 4 verswak, maar sal na verwagting later vandag weer ʼn Kategorie 5 word. Die storm sal na verwagting die land bereik aan die Golfkus van Florida. Amptenare waarsku Milton se trefkrag kan groter skade oor ʼn wyer gebied aanrig as Orkaan Helene, waarin meer as 200 mense dood is.