Massa-skietvoorval in Jacksonville as rasgedrewe beskou

Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Florida sê ‘n man met ‘n aanvalsgeweer en nog ‘n vuurwapen het twee mans en ‘n vrou in ‘n winkel in Jakcsonville doodgeskiet, voordat hy sy eie lewe geneem het. Plaaslike wetstoepassers sê al drie slagoffers was swart, en op grond van ‘n manifes wat die aanvaller geskryf het, was dit ‘n rasgedrewe aanval. Die federale speurdiens, die FBI, het aangedui dat die voorval as ‘n haatmisdaad ondersoek word.