Massa hof toe oor 2008 F1-kampioenskap

Motorsport: Die voormalige Formule Een-jaer, Felipe Massa het ‘n regsgeding aanhangig gemaak oor die uitslag van ‘n Grand Prix-ren in 2008, wat die Britse jaer Lewis Hamilton gehelp het om die wêreldkampioenskap voor sy neus weg te raap. Nelson Piquet Junior het later erken sy Renault-span het hom beveel om doelbewus ‘n ongeluk in Singapoer te veroorsaak, wat daartoe gelei het dat Massa, wat in sy Ferrari vóór was, 13de geëindig het. Hamilton het dié seisoen net een punt voor Massa afgesluit. Die voormalige uitvoerende hoof, Bernie Ecclestone, het verlede jaar erken F1-base was bewus van die toesmeerdery.