Massa-begrafnis van 16 slagoffers van vermeende voedselvergifting vandag
Die roudiens van die massa-begrafnis van die 16 slagoffers wat vermoedelik weens voedselvergiftiging gesterf het, is tans aan die gang by die Kayova-nedersetting. Die regering betaal vir die begrafniskoste en die verdedigingsminister Frans Kapofi, sal ‘n toespraak namens President Hage Geingob lewer. Ander hoëlui is ook teenwoordig soos onder meer John Mutorwa, minister van werke en vervoer, McHenry Venaani, president van die PDM, en die goewerneur van die Kavango-Oos-streek Bonifatius Wakudumo. Die oorledenes, waarvan agt seuns en sewe meisies is, sal later vandag by die Kayova-begraafplaas begrawe word.