Mashatile se seuns sal ondersoek word: VF Plus
Die VF Plus in Gauteng sê die Openbare Beskermer het ingestem om adjunkpresident Paul Mashatile se twee seuns te ondersoek nadat die party ‘n klag teen hulle gelê het. Dit volg op bewerings dat Thabiso Mashatile en Tinyiko Mvelase drie kontrakte in slegs drie maande ontvang het. Anton Alberts van die VF Plus sê Gauteng se Infrastruktuurontwikkeling-departement het die kontrakte onder vreemde omstandighede toegeken.