Mashatile sê groter beleggings nodig in onderwys, veral met leesvaardigheid

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president Paul Mashatile het die aandag gevestig op die uitdagings wat Suid-Afrika se vaardigheidsontwikkelingsagenda bedreig. Hy het kommentaar gelewer op die onlangse studie oor internasionale lees-geletterdheid wat bevind het meer as 80 persent van graad 4-leerders in Suid-Afrika kan nie met begrip lees nie. Mashatile het die behoefte aan groter belegging in onderwys benadruk en om onderwysers met die jongste onderrig-sagteware toe te rus. Hy sê dit is noodsaaklik om leerplanne aan te pas by die snel-ontwikkelende onderrig-omgewing.