Mashatile sê dit was sy manne op die hoofweg

Adjunkpresident Paul Mashatile sê sy BBP-beskermers was betrokke by die naweek se aanranding op drie mense op die N1-hoofweg in Fourways, Johannesburg. Hy sê hy veroordeel enige onnodige geweld, veral teenoor ongewapende burgerlikes. Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het ‘n deeglike ondersoek na die voorval beloof. Hy sê polisielede moet alle mense se fundamentele regte handhaaf en beskerm, en die magte wat aan hulle toegeken is, op ‘n verantwoordelike en beheersde manier toepas.