Mashatile ontken dat daar vir Cyril geskaar word oor Phala Phala

Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy verwerp die siening dat die ANC sy meerderheid gebruik om President Cyril Ramaphosa teen aanspreeklikheid te verskans. Die DA se mosie vir die samestelling van ’n ad hoc-komitee om ‘n diepgaande ondersoek te doen na wat hy die “Phala Phala dirty dollars” genoem het, is in die Parlement verwerp. Mashatile het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê die president het homself verbind om ten volle met alle ondersoeke saam te werk: