Mashatile besoek Jagersfontein om vordering met herstel te bepaal
Adjunkpresident Paul Mashatile gaan môre ‘n dienslewerings-toesigbesoek bring aan Jagersfontein in die Kopanong-munisipaliteit in die Xhariep-distrik in die Vrystaat. Minstens drie mense is op 11 September verlede jaar dood na ‘n modderstorting by ‘n myndam. Altesaam 42 is beseer en meer as 300 inwoners van die dorp is ontwortel. Mashatile se woordvoerder, Vukani Mde, sê hy het beloof om die gemeenskap te besoek en die vordering wat gemaak is, te evalueer: