Mashatile-aantygings skets donker prentjie van ANC

Die onlangse aantygings teen adjunkpresident Paul Mashatile kan die publiek se vertroue skend in die regering se vermoë om korrupsie doeltreffend te bekamp. Dit is die mening van ‘n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, Sysman Motloung. Die Valke ondersoek Mashatile en sy skoonseun tans oor ‘n huis van byna 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Kaapstad en die bron van dié fondse. Motloung sê die bewerings skets ’n somber prentjie oor die stand van regering.