Marokko-skudding: Dodetal styg tot 632September 9, 2023

Die dodetal in die aardbewing wat Marokko getref het, staan tans op 632. Dit het in die Atlas-berge voorgekom en het 6,8 op die Richterskaal gemeet. Talle geboue, ook in die Unseco-verklaarde ou stad, is vernietig. Media in die land berig dat tot dusver is 329 mense beseer. ‘n Amptenaar het vroeër gesê die meeste sterftes was in berggebiede wat moeilik bereikbaar is.