Marmite is terug!
Marmite is geleidelik weer beskikbaar aan kleinhandelaars in Suid-Afrika nadat die produk die afgelope twee jaar skaars was. Volgens die vervaardigers van Marmite, Pioneer Foods, moet ‘n verbod op alkohol en ‘n tekort aan gis, ‘n belangrike bestanddeel in die soutige smeer, die skuld kry. Die vervaardiger sê die onlangse vloede in KwaZulu-Natal het ook ‘n verdere invloed gehad op die beskikbaarheid van gis vanaf die SAB-brouery in Prospecton. Pioneer Foods waarsku dat beskikbaar beperk sal wees totdat die agterstand ingehaal is.