Markus Jooste verskyn nie Duitse hof
Die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, het nie vandag in die streekhof in Oldenburg, Duitsland, verskyn nie weens probleme met sy paspoort. Sy regspan sê sy reisdokumente word vermis. Die aanklaer beskryf dit as onaanvaarbaar aangesien die regsverteenwoordigers genoeg tyd gehad het om die saak reg te stel. Jooste staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder vyf van rekeningkundige bedrog tussen 2011 en 2014 waarin beleggers miljarde Suid-Afrikaanse rand by verskeie filiale van die onderneming verloor het. Dit is die grootste korporatiewe bedrogsaak ooit in Suid-Afrika.