Markte in Asië, Europa mik hoër
Markte in Asië en Europa volg Wall Street hoёr nadat laer Amerikaanse verbruikersinflasie die hoop laat opvlam het dat ‘n groot rentekoersverlaging om die draai is. Ekonomiese groei in Japan is ook beter as verwag. Amerikaanse verbruikersinflasie het verlede maand met 2,9-persent gestyg teenoor ‘n jaar gelede. Dit is die laagste styging sedert Maart 2021 wat die tafel dek vir die Federale Reserwe om rentekoerse te begin verlaag. Handelaars is optimisties ‘n verlaging in September kan die verwagte 25-basispunte oorskry, met waarnemers wat glo dit kan selfs 50-basispunte wees.