Mark Zuckerberg bederf homself voor sy 40ste verjaardag

Mark Zuckerberg het homself net voor sy 40ste verjaardag met ‘n megaseiljag van US$300 miljoen (sowat N$5,6 miljard) bederf.

Die seiljag genaamd ‘Launchpad’ is ‘n verbysterende 117-meter lange vaartuig en is by Port Everglades in Fort Lauderdale gesien dryf, nadat dit vroeër vandeesweek by sy tuiste aangekom het. Daar word berig dat die luukse seiljag die 45ste grootste seiljag ter wêreld is. Die boot is deur Espen Øino International ontwerp en die binnekant, deur Zuretti Interior Design company.  

Die seiljag spog met ‘n vlootblou tema wat pas by die Amerikaanse vlag wat pronk op sy houtpanele. Daar is verskeie buite-areas waar die sosiale media-magnaat saam met sy gesin sal kan ontspan en die binnenshuise vlakke het glaspanele wat sorg dat dit helder verlig is.

Die Feadship seiljag, gebou in 2022, kan gemaklik 24 gaste aan boord hê, benodig ‘n bemanning van 48, en kos US$30 miljoen (sowat N$564 miljoen) per jaar vir instandhouding en gebruik, volgens superyachtfan.com.

Foto: Mark Zuckerberg Instagram