Marius Schoeman los Sewes, gaan na Rugbylegendes

Rugby: SA Rugby het die uitgaande Hoёprestasiebestuurder van Springboksewes, Marius Schoeman, geloof en bedank vir sy baie suksesvolle bydrae tot die nasionale Sewesprogram vir meer as ʼn dekade. Schoeman het in 2012 by SA Rugby aangesluit en is in 2018 in sy huidige pos aangestel. Hy begin egter op 1 November as die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Rugbylegendes. Die Hoofbestuurder vir Hoё Prestasie vir SA Rugby, Dave Wessels, wens Schoeman net die beste toe in sy nuwe pos.