Marike de Klerk se moordenaar kry paroolAugust 15, 2023

Die buurland se Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig die man wat die voormalige presidentsvrou, Marike de Klerk, vermoor het, gaan op parool vrygelaat word. Luyanda Mboniswa is in 2003 skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord. Hy het ook 15-jaar tronkstraf gekry weens roof. Hy het in 2020 gesê hy word oorgesien vir parool en het aansoek daarvoor gedoen. Kosmos 94.1 Nuus het destyds met die Suid-Afrikaanse kriminoloog dr. Pixie du Toit gepraat wat gesê het regstellende geregtigheid die belangrikste element sal wees.

De Klerk, wat 64 jaar oud was, is in Desember 2001 in haar woonstel in die Dolphin Beach-landgoed in Blouberg, Kaapstad, met ‘n mes gesteek en verwurg. Mboniswa se parool begin op die 30ste van die maand.