Mariental se verliese styg tot amper N$30m

Die ouditeur-generaal sê die Mariental-munisipaliteit se tekort het met 18 miljoen Namibiese dollar gegroei en staan in 2023 op amper 30 miljoen Namibiese dollar. Die munisipaliteit se boeke is geoudit vir die 2022-23 boekjaar. Intussen het uitgawes die hoogtes in gestyg en staan op 134,4 miljoen dollar teenoor 106,36 miljoen dollar in 2022. Kandjeke het ‘n gekwalifiseerde ouditstatus vir die dorp uitgereik. Daar is teenstrydige rapportering. Hy sê die munisipaliteit het 14,9 miljoen dollar op water, en 49,56 miljoen dollar op krag bestee gedurende die jaar maar 17,35 miljoen vir water en 37,61 miljoen vir krag gerapporteer.