Marc Marquez sluit aan by Ducati-fabriekspan

Motorsport: Die ses-malige MotoGP-wêreldkampioen, die Spanjaard Marc Marquez, sluit in 2025 aan by die Ducati-fabriekspan as spanmaat vir die heersende kampioen Francesco Bagnaia. Marquez, wat tans jaag vir Gresini, Ducati se satellietspan by wie hy aan die begin van 2024 aangesluit het na elf seisoene by Honda, vervang die Italianer Enea Bastianini met ‘n twee-jaar kontrak. Marquez het sedert Oktober 2021 nie ‘n wedren gewen nie en is mid-seisoen derde op die punteleer.