Marburg-virus in Ghana bevestig

Ghana sê voorlopige toetse het twee gevalle van die Marburg-virus aangedui en indien dit bevestig word, sal dit die eerste keer wees wat die dodelike virus in die land aangeteken is. Marburg is ‘n hoogs aansteeklike virale hemorragiese koors wat in dieselfde familie is as Ebola. Voorbereidings vir ‘n moontlike uitbreking word getref. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds kundiges ontplooi om die land se gesondheidsowerhede te ondersteun. As dit bevestig word, sal die gevalle in Ghana die tweede keer wees dat Marburg in Wes-Afrika opgespoor is. Vorige uitbrekings en sporadiese gevalle van Marburg in Afrika is in Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Suid-Afrika en Uganda aangemeld.