Mapimpi behaal driekuns in Springbok-sege oor Portugal

Rugby: Die veteraan Springbokvleuel Makazole Mapimpi het ‘n driekuns behaal as deel van sy span se tien drieë teen ‘n dapper Portugal vir ‘n 64-21 oorwinning in ‘n eenmalige toets gisteraand in Bloemfontein. Suid-Afrika se drieë is gedruk deur Jan-Hendrik Wessels, Phepsi Buthelezi, Kurt-Lee Arendse, Ben-Jason Dixon, Lukhanyo Am, Quan Horn, Andre-Hugo Venter, sowel as Mapimpi se driekuns. Manie Libbok het twee van die drieë verdoel en Sacha Feinberg-Mngomezulu, vyf. Vir Portugal was daar twee drieë deur Jose Paiva dos Santos, een deur Jose Madeira, en verdoelings deur Domingos Cabral en Joris Moura.