Mantashe vergader om belasting op brandstof te heroorweeg

Cosatu verwelkom die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe se steun vir stemme wat opgaan dat brandstofpryse gesny moet word. Die minister sê samesprekings is aan die gang tussen sy departement en die Nasionale Tesourie oor hoe om brandstofpryse te verlaag. Dit sluit in hoe om die brandstofbelasting te verlaag wat pryse by die pomp tot meer as 20 Suid-Afrikaanse rand per liter opstoot. Matthew Parks van Cosatu sê die regering moet ‘n konkrete plan saam met die sakesektor en arbeid by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, ontwikkel: