Mantashe maak ‘n bespotting van kragkrisis

Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se omgewingsinstituut het die energieminister, Gwede Mantashe, se kritiek op omgewingsbewustes gekritiseer. Mantashe beweer omgewingsbewustes het ‘n veto-mag oor ontwikkeling, met verwysing na regsuitdagings teen gas-verkenning. Francesca de Gasparis van die instituut beskuldig Mantashe daarvan dat hy ‘n bespotting maak van Suid-Afrika se kragkrisis. Sy hou vol die kommer wat deur omgewingskundiges geopper word oor die potensiële omgewingsuitwerking van sulke projekte is geldig: