Mantashe kap Mbalula oor Zuma-uitlatings

Die voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, het uitgevaar teen die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, omdat hy erken het die party het gelieg om oudpresident Jacob Zuma te beskerm teen korrupsie-bewerings rondom sy KwaZulu-Natalse landgoed, Nkandla. Mbalula se openbaring het wydverspreide kritiek ontlok. Opposisiepartye, insluitend die DA en die Inkatha Vryheidsparty, bevraagteken die ANC se geskiktheid om te regeer. Mantashe sê Mbalula het uit sy beurt gepraat en moet as leier omsigtig wees.