Manne, dames… wat dink julle?

Bugatti spog met sy eerste elektriese motor. Dit het ʼn topspoed van sowat 445 km/h en kom teen ʼn allemintige prys van meer as N$71 miljoen. Bugatti sê die Tourbillon-motor is nou in ʼn “toetsfase” en aflewerings van die beoogde 250 motors sal in 2026 begin.